Vyfjarige seuntjie op munisipale sportgronde doodgeskok

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vyfjarige seuntjie van Kranshoek is Saterdag tragies oorlede toe hy en van sy maats by ‘n kragboks op die Kranshoek-sportgronde gespeel het.

Die Bitou-munisipaliteit sê in ‘n verklaring die seun is na die voorval in die hospitaal behandel, maar het aan sy beserings beswyk.

Volgens die munisipaliteit dui voorlopige ondersoek daarop dat die elektriese boks waar die voorval plaasgevind het, onder vandale deurgeloop het sodat onwettige elektrisiteit gebruik kon word.

Die munisipaliteit sê die slot was steeds op sy plek, maar die seuntjie het toegang tot die boks gekry en is geskok.

Die polisie ondersoek tans die saak en die munisipaliteit sê hy sal ook ondersoek instel.

“Hierdie is inderdaad ‘n tragedie,” sê die munisipaliteit. “Die Bitou-munisipaliteit se medelye gaan uit na die familie vir hulle verlies. Dis baie hartseer en tragies dat so ‘n jong seun sy lewe onder sulke omstandighede moes verloor.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel