Kyk: Alma Mater van gewilde sangeres Bernice West het weer sosiale media op hol

Deel hierdie storie / Share this story

Hoërskool Rustenburg doen dit weer. Hulle het die internet aan die gons met hul koor se nuutste verwerking van Living Years van Mike and the Mechanics.

Hulle spesiale boodskap wat die video vergesel, is: “Mag die Rustie-koor se weergawe van dié lied deur #MikeandtheMechanics jou in hierdie onseker tye herinner om liefde en vrede na te jaag en nie te skroom om te sê dat jy jou naastes liefhet nie.”

Die gewilde sangeres Bernice West, wat geen bekendstelling nodig het nie en hierdie jaar by Afrikaans is Groot gaan optree, se Alma Mater het in 2019 ‘n video vrygestel waarin sy gesien kan word met ‘n ongelooflike verwerking van Queen se Bohemian Rhapsody wat groot opslae gemaak het. Dit kan by die volgende skakel gesien word.

https://fb.watch/fPHmFIZJZo/

In 2020 het hulle Fix You van Coldplay verwerk en het weereens nie teleurgestel nie. Kyk hier na die optrede:

https://fb.watch/fPHzdA6nky/

Wat maak hierdie koor uniek?

Die koor word deur Ralf Schmitt afgerig, dieselfde koormeester wat die bekende Nlovu Youth Choir afrig.