Hailey Bieber het na jare se beweringe dat sy haar man, Justin Bieber, by Selena Gomez “afgevry” het, uiteindelik gepraat oor die tydlyn van die twee verhoudings.
Tydens haar verskyning op die Call Her Daddy-potgooi het die 26-jarige model volgehou dat Justin (25) Gomez (30) nie met haar verkul het nie.
“Nee, nie een keer nie,” sê sy. Sy het vertel sy en Bieber het mekaar eers in 2018 begin sien, ná hy en Gomez uitmekaar is.
“Toe ek en hy mekaar begin sien het, was hy nie in ‘n verhouding nie. Dis nie deel van my karakter om met iemand se verhouding te mors nie. Ek is beter as dit grootgemaak.”
Bieber en Hailey het in 2018 uiteindelik bymekaar uitgekom na hulle in 2016 vinnig in ‘n verhouding was. Hulle is in Julie 2018 verloof en twee maande later getroud.
“Ek verstaan hoe dit van buite af moet lyk, maar dit was ‘n situasie waar ek vir ‘n feit weet dat dit vir Justin en Selena beter was om daardie deur toe te maak. Maar natuurlik is daar ‘n baie lang geskiedenis daar en ek respekteer dit baie.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



