Heerlike resep vir biefstuk-en-bierpastei.
Sowat 6 – 8 porsies (hang af hoe honger jou mense is!)
BESTANDELE:
1,5 kg biefstuk (beeslende, sirloin) in blokkies gesny
250 g repies spek, in blokkies gesny
4 wortels, in blokkies gesny
1 stingel seldery, fyngekap
1 ui, fyngekap
2 huisies knoffel, fyngekap
1 blikkie bier of tapbier
Sout en vars gemaalde
swartpeper na smaak
2 lourierblare
2 takkies vars tiemie of 10 ml gedroogde tiemie
1 eetlepel Bisto
METODE:
As jy tyd het, stel ek voor jy haal die steak uit die verpakking en laat dit oornag – oop – in die yskas.
Wanneer jy die vleis die volgende dag in blokkies sny, sal die vleis droog wees en nie sy sap verloor nie.
Verhit olie in ’n swaarboomkastrol en braai vleis mooi bruin.
Verwyder vleis uit kastrol en braai spek, wortels, seldery, ui en knoffel saam. Voeg vleis weer by en ook res van die bestanddele, behalwe die Bisto. Laat kook oor lae hitte op stoofplaat met toe deksel vir sowat twee uur.
Hou dop dat dit nie droog kook nie (as dit gebeur, voeg bietjie water by).
Om sous dikker te maak, meng Bisto met bietjie water en roer by die vleis. Laat vir sowat 5 minute verder kook.
Skep in bak. Jy kan een groot pastei maak (30 cm x 15 cm) of drie kleineres soos op die foto.
BOTTERBROODJIEDEEG:
2 koppies (500 ml) meel
4 teelepels (20 ml) bakpoeier
knippie sout
1 eier
½ koppie (125 ml) melk
2 eetlepels (25 ml) olie
roosmaryntakkies om bo-in te druk (opsioneel)
METODE:
Sif al die droë bestanddele saam. Klits eier, olie en melk saam. Voeg dit by die meel en maak aan tot stywe deeg. Gooi bietjie meel op werkoppervlak en druk deeg tot so 2 cm plat. Sny uit in verlangde vorm en plaas bo-op pastei. Smeer eiergeel oor deeg en druk ’n klein takkie roosmaryn in as jy wil. (Dit lyk net mooi.) Bak in warm oond (180 °C) vir 20 tot 30 minute tot die deeg mooi bruin is.
Bron: Sarie
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



