SAPD-speurder glo verdagte in kaping

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiespeurder is glo Dinsdag vir ‘n kaping in die Kaapstad-CBD gearresteer.

Die polisie het Dinsdag 03:00 ‘n kaping opgemerk by ‘n Caltex-petrolstasie in Buitengrachtstraat. Hulle het hulle voertuig gebruik om die kaper te keer en die bestuurder van die voertuig gearresteer. Drie ander verdagtes het in ‘n silwer Polo gevlug.

Die polisie het inligting ontvang dat die kaper glo ‘n speurder is by die Rondebosch-polisiestasie. Die polisie het gesê die inligting word opgevolg.

Bronne: IOL, Cape Town ETC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: 18-jarige verdagte in moord op Romay van Rooyen is glo familielid