Die kletsrymer Coolio, bekend vir Gangsta’s Paradise, is Woensdag in die ouderdom van 59 oorlede.
Die kletsrymer is op die badkamervloer van ‘n vriend se huis in Los Angeles gevind. Coolio, met die wettige naam Artis Leon Ivey Jr, is op die toneel dood verklaar.
Dit word geglo hy is aan ‘n hartaanval dood.
Hy word oorleef deur sy ses kinders en eks-vrou, Josefa Salina.
Bronne: News South Africa, NY Posy, The Citizen
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Iranse hommeltuigaanvalle dood glo 13 in Irakse Koerdistan



