Iran het glo Woensdag die dood van 13 mense in Irak se Koerdistan-streek veroorsaak na hulle missiel-en hommeltuigaanvalle geloods het op gewapende groepe wat hulle blameer vir die onrus in Iran.
Die onrus volg na die dood van die Koerdiese Iranese vrou, Mahsa Amini, in polisieaanhouding na sy gearresteer is omdat sy nie haar hijab reg aangehad het nie.
Iran se Islamitiese Revolusionêre Wagkorps het die Irak-gebaseerde Koerdiese groepe daarvan beskuldig dat hulle Iran “aanval en infiltreer… om onsekerheid en onluste te saai en onrus te versprei”.
Woensdag is 13 mense, waaronder ‘n swanger vrou, in die aanval dood en 58, meesal burgerlikes en kinders, is gewond.
Die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap in Irak het gesê die aanval het ‘n impak op “Iraanse vlugtelingnedersettings” gehad.
UNHCR Irak het op Twitter gesê Iranse vlugtelinge was onder die slagoffers en bygevoeg dat die aanvalle “na bewering ‘n laerskool beïnvloed het waar vlugtelingstudente teenwoordig was”.
Bronne: Ahram Online, BBC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



