Koningin Elizabeth II is in die ouderdom van 96 op 8 September oorlede in die Balmoral-kasteel in Skotland, waar dit verpligtend is om doodsertifikate in te dien.
Alle versoeke van die media om die oorsaak van koningin Elizabeth se dood uit te vind, is tot dusver deur die National Records of Scotland (NRS) afgekeur.
Die departement het glo beveel dat die besonderhede van haar dood nie bekend gemaak mag word nie.
Volgens die Daily Star word die oorsaak van koningin Elizabeth se dood “geheim gehou deur Skotse owerhede”. Daar is glo “herhaaldelike versoeke vir ‘n afskrif van die koningin se doodsertifikaat, wat ‘n kwessie van openbare rekord is” aan die Skotse regering gerig.
Volgens hulle het die NRS egter “alle pogings deur media-organisasies om die sertifikaat te bekom op geheimsinnige wyse blokkeer.”‘
Aan die einde van die sewe dae lange routydperk het die NRS glo ‘n verklaring uitgereik waarin gesê word: “Ons kan nou bevestig die dood van Haar Majesteit Die Koningin is op 16 September in Aberdeenshire geregistreer en ‘n uittreksel sal mettertyd beskikbaar gestel word.”
Bronne: International Business Times, The News International
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Prins Harry maak op nippertjie veranderinge aan sy boek na ouma se dood



