Prins Harry maak op nippertjie veranderinge aan sy boek na ouma se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens ‘n bron is prins Harry glo na koningin Elizabeth se dood, “desperaat besig met ‘laaste minuut’ veranderinge” aan sy boek, waarin hy oor die koninklike familie praat.

Uitgewers het $20 miljoen vooruit betaal vir die memoir wat hy en ‘n spookskrywer skryf omdat hulle geweet het wat ookal geskryf word, baie geld gaan maak.

Volgens die bron bevat die memoir inligting wat die koninklike gesin baie sleg gaan laat lyk, veral so gou na koningin Elizabeth se dood en koning Charles wat die troon bestyg het. Die bron het ook bygevoeg dat dit dalk “te laat” kan wees om nou aan die boek te verander.

Bronne: IOL, GQ South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Liggaam van Pretoria-skoolhoof in Winterveldt gevind