Vrou geïdentifiseer wie se liggaam in sportsak op stortingsterrein ontdek is

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Gemeenskapslede rand man aan na hy glo trollie met vrou (19) se liggaam in stoot

‘n Verdagte (38) is verlede week deur die Baberton-polisie in hegtenis geneem nadat gemeenskapslede hom glo gevang het toe hy ‘n trollie met die liggaam van ‘n 19-jarige vrou daarin na ‘n vullisterrein gestoot het.

Die 19-jarige vrou is intussen as Nosipho Nontobeko Msithini geïdentifiseer.

Women For Change sê Msithini se liggaam was in ‘n sportsak toe haar kêrel die trollie op 19 Februarie by die stortingsterrein ingestoot het.

Gemeenskapslede het die man met die trollie raakgesien. Hy is aangerand voordat die polisie hom in hegtenis geneem het. Lees die vorige berig hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel