Lees ook: Liggaam in oseaan naby Simonstad gevind moontlik van vermiste visserman
’n Waarskuwing is uitgereik om nie in die Nseleni -steengroefdam in Empangeni te swem nie, maar ten spyte van die waarskuwing het twee mans die naweek glo daar verdrink.
Volgens die uMlahthuze-stad se woordvoerder het ’n man in die moeilikheid beland toe hy die naweek daar geswem het. Hy is later in ’n nabye kliniek oorlede. Nog ’n man het verdrink. Sy liggaam is Sondagoggend uit die dam gehaal.
Die dam was agtergelaat nadat Kumba ophou myn het in die gebied. Inwoners het besluit om die dam in ’n swem-en-piekniekplek te verander ten spyte van waarskuwings om nie daar te swem nie.
Toetse is op die water uitgevoer en dit is bevestig dat die water nie veilig is om in te swem nie.
Bronne: IOL, VN Explorer, Sunday Tribune, Flipboard
Lees ook: Liggaam in oseaan naby Simonstad gevind moontlik van vermiste visserman



