Gemeenskapslede rand man aan omdat hy glo trollie met vrou (19) se liggaam in stoot

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte (38) is deur die Baberton-polisie in hegtenis geneem nadat gemeenskapslede hom glo gevang het toe hy ‘n trollie met die liggaam van ‘n 19-jarige vrou daarin na ‘n vullisterrein gestoot het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die skokkende voorval het Sondagmiddag plaasgevind.

Drie vrouens het die “verdagte man” raakgesien toe hy ‘n trollie wat glo te swaar gelyk het, gestoot het. Die vrouens het ‘n taxibestuurder om hulp genader. Die sak wat bo-op die verdagte se trollie was, het afgeval en gemeenskapslede het gekyk wat daarin was. Dis toe dat hulle die liggaam van die 19-jarige vrou in die sak ontdek.

Die polisie is dadelik in kennis gestel. Met hulle aankoms op die toneel was gemeenskapslede reeds besig om die verdagte aan te rand. Die man ontvang nou behandeling in die hospitaal onder polisiebewaking.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel