Lees ook: Organisasie verdedig betoging buite KZN-premier se huis
’n Duitse toeris wat nie Engels magtig is nie en wat laas by die V&A Waterfront in Kaapstad gesien is, is as vermis aangemeld.
Nick Frischke het 6 Februarie in Suid-Afrika aangekom en ’n kamer by ’n Airbnb-blyplek in Pinelands, Kaapstad, bespreek. Op 14 Februarie het hy sy akkommodasie om 10:00 te voet verlaat.
Polisiewoordvoerder, AO Joseph Swartbooi het gesê Frischke het ’n blou denim kortbroek, wit tekkes en ’n beige T-hemp aangehad het toe hy laas gesien is. Dit was waar hy met ‘n rugsak by ’n plaaslike winkel by die Waterfront ingestap het.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om die polisie te kontak.
Bronne: Times LIVE, The Citizen, IOL
Lees ook: Bevestig: AKA dood in sluipmoord



