Vinnige melktert

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Heerlike resep vir eier-en-ham-mandjies

Ons vier vandag Nasionale Melktertdag en Erna deel met ons ‘n lekker vinnige melktertresep.

Bestanddele

1 blik kondensmelk
4 kondensmelkblikke melk
3 e maizena (hoogvol)
1 e vlapoeier
3 eiers
1 e botter
1 t vanieljegeursel

Metode

  • Meng kondensmelk en melk goed in kastrol en bring tot kookpunt terwyl jy roer (oppas, dit brand maklik)
  • Meng maizena, vla en eiers goed en roer by terwyl jy roer – tot dik en gaar
  • Haal van plaat af en roer botter en vanieljegeursel by
  • Gooi in bak, laat afkoel en strooi kaneel oor

Het jy ook ‘n melktertresep om te deel? Deel dit in die kommentaarblok.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel