Black Beach

Deel hierdie storie / Share this story

Boekoorsig:

Penguin Random House publiseer Black Beach. Tracey Pharoah verwoord hierin Daniel Janse van Rensburg se ware verhaal van aanhouding in een van die wêreld se mees berugte en gevaarlike tronke op Bioka-eiland.

Die lokteks op die agterblad lui: “In 2013, South African businessman Daniel Janse van Rensburg set off to the West African country to finalize a legitimate airline contract with a local politician. Within days, Daniel was arrested by the local Rapid Intervention Force and detained without a trial in the island’s infamous ‘Guantanamo’ cells, and was later taken to Black Beach. This is his remarkable story of survival over nearly two years, made possible by his unwavering faith and the humanity of a few fellow inmates.”

Pharaoh beskryf die boek só: “This is the true story of one man’s struggle to survive the horrors of a prison that should not exist. It’s a haunting story of immense suffering and dark places, but mostly it is about love and courage in the face of adversity. It’s also a book about friendship in the strangest of places, human rights, abuse of power, corruption, greed, inequality and poverty.”

Hoewel Black Beach fassinerende leesstof is, is dit nie ’n maklike boek om te lees nie. Die ware verhaal bly by jou spook lank nadat jy ophou lees het. Jy wonder nie net oor hoe dit deesdae met Daniel gaan nie. Jou gedagtes dwaal ook na dié wat hulle steeds in aanhouding bevind in tronke soos Black Beach. Volgens Daniel is nie almal misdadigers nie. Van hulle word sonder verhoor onskuldig opgesluit omdat skatryk magsbehepte persone daarmee wegkom. Vroue en kinders word saam met mans in onmenslike toestande aangehou. Daar is geen sprake van menseregte nie.

Black Beach is die skokkende ware verhaal van ’n man wat teen alle verwagtinge in oorleef het om sy storie aan die wêreld te vertel. Dit inspireer lesers om óók luidkeels te protesteer teen korrupsie en magsvergrype. Dit gee jou hoop dat geregtigheid tóg kan seevier. Dat gewetenlose politici wel ontmasker kan word. Bo alles is Black Beach Daniel se persoonlike getuienis oor God se beskerming en voorsienigheid.

Skaf gerus jou kopie van Black Beach hier aan of kyk uit vir dit in boekwinkels.

Lees ook Louise Viljoen se indruk oor Black Lion hier.