Heerlike resep van Resepte vir Oud en Jonk vir eier-en-ham-mandjies.
Genoeg vir: 6 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 5-7 minute
Bestanddele
75 ml botter, gesmelt
400 g sampioene, fyngekap
1 groot ui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
6 snye witbrood, korsies afgesny
12 skyfies gerookte ham
6 eiers
Metode
1 Voorverhit die oond. Verhit 25 ml van die botter in ‘n braaipan en braai die sampioene en uie tot sag en glansend. Geur met sout en swartpeper.
2 Rol die snye brood met ‘n koekroller dunner uit en smeer dan elke sny alkant versigtig met botter.
3 Smeer of spuit ‘n muffinpan met ekstragroot holtes. Druk ‘n sny gesmeerde brood in elke muffinholte. Pak twee snytjies ham in elkeen en skep van die sampioenmengsel bo-op. Breek ‘n eier in elkeen en geur. Bak vir sowat 5-7 minute of tot die eierwit gestol is.
Bron: Tuis
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



