Devon Hofmeyr het Donderdagaand in ‘n plasing op sosiale media gevra dat ondersteuners moet saamstaan om ‘n ma te help om haar jong seun te begrawe.
Laerskool Goudrand in Boksburg het vroeër die week die nuus van een van sy oud-leerlinge, Cameron Nell, se dood bekendgemaak.
Nell het in 2022 sy laerskooljare by die laerskool voltooi.
Hofmeyr vra dat volgelinge op sy blad en ondersteuners nou saamstaan om die ma te help om haar seun ter ruste te lë.
“Dit is een ding om vir ons kinders te veg sodat ons ‘n toekoms, ‘n mooi toekoms, vir hulle kan belowe,” sê Hofmeyr. “Dit is n ander geveg wanneer jou kind nie daardie toekoms ooit sal sien of beleef nie. Want GEEN ouer moet hulle eie kind gaan staan en begrawe nie. Dit ruk my siel. Geen ouer moet hulle kind begrawe nie en nog minder moet hulle sukkel om hulle kind rustig totsiens te kan sê.
“Ek vra elke man en vrou hier op hierdie platform om iets by te dra aan Maurene, Cameron Nell se mamma, wat haar seun moet groet. Die Ons Doen Fonds tree in vir Maurene en julle kan hierdie gebroke Ma hier help om haar seun ter ruste te lê. Kom ons kry 1 000 mense wat elkeen R20 sal afstaan hiervoor.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



