Vrou (85) dood toe krokodil haar gryp

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Matriekmeisie kritiek na sy tydens bakleiery met suur gegooi is

‘n Bejaarde vrou (85) is dood toe ‘n krokodil haar tydens ‘n uitstappie saam met haar hond gegryp het.

USA Today berig die vrou het saam met haar hond naby ‘n dam by die Florida-gholfbaan gaan stap toe die krokodil van 3 m haar gegryp het.

Die vrou het glo haar hond probeer red toe sy self die slagoffer geraak het.

St. Lucie County Fire District-woordvoerder, Brenda Stokes, sê reddingswerkers is om 12:07 die middag na die toneel ontbied om ‘n liggaam te gaan verwyder.

Die vrou is nog nie geidentifiseer nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel