Man en sesjarige beseer in botsing

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Soektog na ontvoerde baba duur voort

Twee mense, waarvan een ‘n sesjarige kind, is Woensdag in ‘n botsing tussen ‘n bus en ‘n motor in Ekhanyeni beseer.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is Woensdagoggend kort voor 07:00 na die toneel ontbied. Die man en die kind, wat in ‘n roomkleurige Honda gery het, is op die toneel behandel voor hulle na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die insittendes van die bus is nie beseer nie. Die voorval word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel