10-jarige kind buite skool in KZN geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Seun (10) verdrink in dam

‘n Man is vermoor en ‘n 10-jarige kind is Woensdag buite die Laerskool Lotusville in Lotusville in KZN geskiet.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het Woensdag verskeie oproepe van inwoners, getuies en onderwysers ontvang wat die skietery gerapporteer het. Sommiges het Rusa daarvan ingelig dat op ‘n Toyota Hilux-bakkie geskiet is.

Beamptes is na die toneel ontbied en het omstreeks 14:25 daar aangekom. Hulle het langs die ingang van die skool op ‘n silwer Toyota Hilux met koeëlgate afgekom. Die bestuurder het verskeie skietwonde aan sy kop en lyf gehad. Hy is deur paramedici dood verklaar.

Ongeveer dertig 9 mm- en hoëkaliber-patrone van twee verskillende gewere het by die oorledene se voertuig gelê. Hy was na bewering by die skool om sy kind op te laai, maar dit kon nie bevestig word nie.

Volgens getuies was die insittendes van ‘n silwer Mercedes Benz (registrasie onbekend) verantwoordelik vir die moord.

Verskeie skoliere en ouers het van die skietery gevlug en leerlinge het selfs beserings opgedoen omdat hulle geval het. ’n Wit Toyota Quantum het tydens die skietery deur die skoolheining gery.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel