LEES OOK: Soektog na drenkeling se liggaam duur voort
Spanne van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Sondagmiddag kort voor 15:00 na ‘n toneel ontbied waar ‘n 10-jarige seun in ‘n plaasdam naby Wildernes verdrink het.
Reddingswemmers, die polisie, die polisie se duikeenheid en Frontier Medix-nooddienste was op die toneel.
Die seun het saam met vriende geswem toe hy onder die water verdwyn het.
NSRI-swemmers het die seun uit die water gehaal en KPR is op hom toegepas. Hy is egter op die toneel dood verklaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



