Fase 3-beurtkrag beplan vir die naweek

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Australiese polisie begin ondersoek na SA-paar se dood in Perth

Andre de Ruyter, Eskom-hoof, het gesê dat fase 6-beurtkrag sal aangaan tot Woensdag met fase 3 wat na verwagting teen die naweek ingestel sal word.

Eskom moes fase 6-beurtkrag instel nadat verskeie krageenhede by die kragstasies Arnot, Hendrina, Lethabo, Majuba en Camden onklaar geraak het. Twee eenhede is ook by die Lethabo-kragstasie weens ’n steenkooltekort afgesit.

De Ruyter het gesê die eenhede by Lethabo en Camden behoort teen die einde van die week weer in werking te wees.

Bronne: IOL, My Broadband, The Citizen

Lees ook: Voormalige ANC-wyksraadslid twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê vir moorde