Australiese polisie begin ondersoek na SA-paar se dood in Perth

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Een van die aanklagte teen Alec Baldwin laat vaar

Die Australiese polisie het ’n ondersoek begin nadat die liggame van ’n Suid-Afrikaanse paar in hulle huis in Perth gevind is.

Die liggame van Ernie Gielink (70) en sy vrou Linda (66) is deur hulle dogter gevind toe sy hulle gaan besoek het omdat sy hulle nie in die hande kon kry nie.

 Volgens ’n buurvrou het die dogter beide haar ouers se voertuie op die erf gevind. Die alarm het afgegaan toe sy die huis binnegaan.

Die polisie het gesê dat dit nie lyk of ’n derde party by hulle dood betrokke was of dat die bure in gevaar is nie.

Bronne: IOL, Daily Voice, African News Agency

Lees ook: Voormalige ANC-wyksraadslid twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê vir moorde