Vrou by kleuterskool in Bedfordview geskiet nadat sy kind aflaai

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Soektog na ontvoerde baba duur voort

Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord nadat ‘n vrou en ‘n privaat sekuriteitswag buite ‘n kleuterskool in Bedfortview geskiet is.

Die voorval het Dinsdagoggend na 07:30 plaasgevind.

Lt.kl. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder in Gauteng, sê die sakevrou het pas haar kind by die kleuterskool afgelaai toe sy deur ‘n man genader is wat haar op die skool se perseel geskiet het.

‘n Ander verdagte het die eienaar van ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy, wat die vrou rondgery het, buite die skool in sy motor geskiet.

Beide slagoffers is na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling.

Die polisie sê die motief agter die skietery is nie bekend nie.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 08600 10111 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel