LEES OOK: Dringende waarskuwing teen mensehandel – Mike Bolhuis
WAARSKUWING: FOTO’S NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE
‘n Matriekleerling in KZN is tans in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat sy met suur gegooi is.
Die voorval het op 12 Februarie in KwaDukuza (voorheen Stanger) in die provinsie plaasgevind.
Opera News berig die slagoffer het ernstige brandwonde aan haar gesig, nek en ander dele van haar liggaam opgedoen. Daar is met haar na ‘n hospitaal gejaag waar sy steeds behandeling ontvang.
Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ‘n 46-jarige verdagte is in hegtenis geneem na die 18-jarige meisie met suur gegooi is. Die verdagte het reeds op 15 Februarie in die hof verskyn en die saak is na vandag uitgestel.




Hou FiND iT dop vir meer hieroor.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



