Klaskamerplafon val op leerlinge

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Australiese polisie begin ondersoek na SA-paar se dood in Perth

Sewe graad 10-leerlinge is beseer toe ‘n klaskamerplafon op hulle geval het terwyl hulle vir hulle onderwyser gewag het by ’n skool in Soshanguve, Tshwane.

Een van die leerlinge was glo vir langer as ’n week in die hospitaal.

Volgens die Sowetan LIVE het die departement van onderwys ouers se kommer en klagtes oor die skool se infrastruktuur en vandalisme geïgnoreer.

Die ouers het vandeesweek buite die skool betoog en klasse onderbreek in die hoop dat die departement nou aan hul klagtes sal gehoor gee.

Bronne: Sowetan LIVE, 15 Minute News, Scoopnest

Lees ook: Soektog na Nick Frischke, vermiste toeris, duur voort