Lees ook: Fase 3-beurtkrag beplan vir die naweek
André de Ruyter het Woensdag sy pos as Eskom se uitvoerende hoof met onmiddellike effek na ’n spesiale raadsvergadering verlaat.
Eskom het laat Woensdagaand ’n verklaring vrygestel dat André de Ruyter onmiddellik sy pos verlaat nadat tydens die raadsvergadering besluit is sy bedankingsdatum vervroeg na 28 Februarie en nie 31 Maart soos oorspronklik besluit is nie. Hy kan onmiddellik sy pos verlaat sonder om die res van sy kennisgewingtydperk te werk.
De Ruyter het Maandagaand in ’n onderhoud gesê daar is wydverspreide korrupsie by Eskom waarvan top politici van die regerende party bewus is, terwyl hulle inmeng by die strompelende kragvoorsiener.
De Ruyter het skokkende onthullings gemaak en gesê onbekende lede van die regerende party en regering op die hoogste vlak is bewus van die korrupsie by Eskom en ook dat die nutsdiens as die ANC se “voertrog” dien.
De Ruyter het gesê hy is deur ‘n minister genader oor ‘n hoëvlak-politikus wat betrokke was by potensieel kriminele aktiwiteite by die kragvoorsiener.
Hy het ook gesê dat kriminele sindikate in Mpumalanga sowat R1 miljard per maand van Eskom steel, en niks word daaraan gedoen nie.
Bronne: IOL, eNCA, Mail and Guardian
Lees ook: Vier sterf in massaskietery in Kaapstad



