Lees ook: Lewenslange vonnis vir man wat ouers vermoor
Nick Kolokoto Mpolokeng is lewenslange tronkstraf opgelê in die Mpumalanga-hooggeregshof vir die moord op Elizabeth Kolokoto (83). Ses jaar is vir brandstigting bygevoeg, asook vyf jaar vir huisbraak en diefstal.
Mpolokeng het op 7 Mei 2012 by Kolokoto se huis ingebreek. Hy het geld geëis en toe sy sê sy het nie geld nie, het Mpolokeng haar teen die muur geslaan tot sy geval het. Hy het toe R36 gesteel en die huis aan die brand gesteek met Kolokoto steeds daar binne.
Mpolokeng het sy bebloede klere in ’n puttoilet verbrand en sy skoene ook later in die puttoilet gegooi waar die polisie dit gekry het na hulle hom opgespoor het.
Mpolokeng het skuld erken en is in hegtenis geneem.
Bronne: IOL, Citizen, Flipboard



