Lees ook: André de Ruyter weg by Eskom, bedanking vervroeg
’n Man van Kimberley is Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op drie van sy familielede.
In Maart 2022 het Sandile Vaaiboom sy oom en sy oom se lewensmaat vermoor. Daarna het hy na sy neef, ‘n polisiebeampte, se huis gegaan en hom aangeval.
Vaaiboom het volgens getuies die oorledenes sonder enige rede aangeval. Hulle het hom blyplek gegee toe hy sy werk en huis verloor het.
Bronne: EWN, South Africa Today, The World News
Lees ook: Vier sterf in massaskietery in Kaapstad



