Lees ook: Komediant uitgejou vir grap oor moord op AKA
’n Oos-Kaapse man wat vier van sy familielede vermoor het, insluitend sy ouers, is vier lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê in die Sterkspruit-hooggeregshof.
Thobani Kesa (39) het sy ouers, suster en susterskind vermoor oor ’n R20 000-geskil nadat Kesa en sy broer deur hulle ouers gevra is om vir hulle ’n huis te bou met die belofte dat hulle betaal sal word.
Die broers het die huis begin bou, maar nooit klaargemaak nie en het betaling geëis. Hulle ouers het geweier en die broers het na die Hof vir Klein Eise gegaan om R20 000 te eis. Kesa het sy ma glo voor ’n klerk ’n heks genoem en gedreig om haar dood te maak.
Kesa het sy familie doodgebrand. Hy is in besit van bloederige klere gevind, waarna hy in hegtenis geneem is. Kesa is ook tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir brandstigting.
Bronne: IOL, African News Agency, VN Explorer
Lees ook: Liggaam gevind, moontlik een van vermiste Gordonsbaai-vissermanne



