Lees ook: Selfoonrekords kan help in AKA-moordondersoek
Tydens die Savanna Newcomer Showcase Vrydagaand het ’n komediant van Durban ’n onsensitiewe grap oor die dood van Kiernan Forbes, AKA, gemaak wat veroorsaak het dat hy deur ’n bekende akteur gevloek is en deur die gehoor uitgejou is.
Die komediant het binne die eerste paar minute vandat hy op die verhoog was, gepraat oor hoe hy jammer is dat Durban soveel negatiewe publisiteit kry en toe sê hy: “Waarom het hulle ’n pistool gebruik en nie ’n AK47 nie?” met verwysing na die moord op AKA.
Die akteur Maurice Paige het dadelik opgestaan en die komediant gevloek en uitgestorm. Die ander mense in die teater het die komediant toe uitgejou.
Bronne: Daily Voice, IOL



