Sestien vermeende onwettige myners vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Seun (10) verdrink in dam

Sestien vermeende onwettige myners is by die Quest-myn in Noordwes vasgetrek.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder, sê spanne het inligting opgevolg oor beweerde onwettige mynaktiwiteite wat by die myn plaasgevind het.

Daar het spanne die 16 vermeende onwettige myners in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal op 23 Februarie in die Stilfontein-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel