Tiener wat glo man vermoor oor drank vry op borg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Tienermeisies vermoor glo man oor gebreekte drankbottel

Die tiener van Delft wat glo ’n man(23) van Khayelitsha doodgemaak het oor ’n bottel gin is op R1 000 borg vrygelaat.

Liyema Dlokane (18) is aangekla van die moord op Zolani Toyana nadat sy hom op 13 Februarie glo in die nek gesteek het met ’n stukkende bottel. Twee ander meisies, vriendinne van Djokane, wat saam met Toyana was, het staatsgetuies geword.

Volgens getuies het die drie vrouens gedrink toe Toyana vir hulle ’n bottel gin en vier biere gebring het. Hulle het hom glo nie geken nie. Toyana wou glo huis toe gaan met die res van die drank en hy wou saam met een van die meisies huis toe gaan, maar hulle het almal geweier.

Volgens getuies het Toyana gewelddadig geraak en Dlokane het die bottel gebreek sodat niemand dit kon drink nie. Dlokane het toe na bewering Toyana met die gebreekte bottel gesteek en geloop.

Die saak is tot 19 April uitgestel vir verdere ondersoek.

Bronne: IOL, VN Explorer, Press Reader

Lees ook: Tienermeisies vermoor glo man oor gebreekte drankbottel