Tienermeisies vermoor glo man oor gebreekte drankbottel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Bheki Cele gedwing om kommentaar oor John Steenhuisen terug te trek

’n Man (23) is glo die naweek in Khayelitsha deur drie tienermeisies vermoor nadat hy hulle bottel gin laat val het.

Zolani Toyana het saam met die meisies gedrink toe hy die bottel gin laat val het. Dit het die meisies so kwaad gemaak dat hulle hom glo aangeval en vermoor het. Die meisies het hom glo geskop, geslaan en met klippe gegooi. Hulle het hom toe glo in die maag en nek gesteek.

Inwoners en Toyana se vriende het Dinsdag na die polisiekantoor gegaan om te eis dat die beweerde moordenaars in hegtenis geneem moet word. Die polisiewoordvoerder het die moord bevestig en gesê nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Bronne: IOL, News24

Lees ook: Een dood in ligte vliegtuigongeluk in Johannesburg