Vier dood, 23 beseer toe trok beheer verloor by Maseru-grens

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: NPA verduidelik waarom niemand aangekla is vir Anele Tembe se dood

Vier mense is oorlede toe ’n trok Dinsdag by die Maseru-grens beheer verloor het en tussen voetgangers ingeploeg het.

Die trokdrywer het glo beheer verloor en in stalletjies en voetgangers vasgery. Daarna het dit in ’n stilstaande taxi vasgery en nog mense getref voordat dit in ‘n rivier tot stilstand gekom het.

Vier mense is dood en 23 is beseer. Die trokdrywer is ook beseer en is na ‘n hospitaal geneem.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Bronne: IOL, VN Explorer, Ghanamma

Lees ook: Een dood in ligte vliegtuigongeluk in Johannesburg