Polisie op soek na gewapende vrouens wat glo studente beroof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook:Komediant uitgejou vir grap oor moord op AKA

Die polisie in Nelspruit, Mpumalanga, is op soek na twee vrouens wat glo studente by die Riverside Mall beroof het.

Die vrouens het glo op 8 Februarie twee vroulike studente gevra om hulle te help om hulle pad te vind toe een van die verdagtes vir die studente gewys het hulle het ‘n geweer. Die studente is gesê om nie te skree nie, anders gaan hulle geskiet word.

Die studente is toe van hulle iPhones en ’n horlosie beroof.

Die vrouens is toe weg met die gesteelde items en ’n saak van gewapende roof is by die polisie oopgemaak.

Bronne: IOL, African News Agency, Soeknet

Lees ook: Beweerde rowers teiken Pep en sigarettetrok, in hegtenis