Transitorower gevonnis na twee Valke sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Jabulani Moses Yika (41), ‘n rower, wat op 6 Maart 2020 in ‘n transitorooftog in Mahikeng, Noordwes betrokke was, is op 17 Februarie 2023 in die Mmabatho-hooggeregshof in Noordwes tot 30 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.

In hierdie betrokke transitorooftog is speurders, AO Delene Grobler-Koonin (44) en AO Wynand Herbst (42) van die Valke noodlottig gewond.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder vir die Valke se direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoekheenheid (DPI), sê ‘n gewapende groep het op dié dag na bewering na ‘n kontantwa geskiet en dit van die pad gedwing. Hulle het die sekuriteitsbeamptes uit die kontantwa forseer en van hul vuurwapens beroof.

Daarna is probeer om die kontantwa op te blaas.

Die vermeende verdagtes kon nie toegang tot die kluis binne die kontantwa kry nie.

In hierdie stadium het NIU (Nasionale Intervensie-eenheid) op die toneel aangekom, waarna die vermeende verdagtes gevlug het en dit in ‘n hoë-spoed jaagtog ontaard het.

Lede van DPI nasionaal is in kennis gestel om vir die voertuig op die uitkyk te wees.

Die oorledenes het die voertuig raakgesien en begin jaag, wat in ‘n oor-en-weer skietery ontaard en speurder AO Delene Grobler-Koonin noodlottig gewond is.

Verdere opvolg-operasies het die spesiale taakmag ingesluit, waarna die vermeende verdagtes later die dag by ‘n Total-vulstasie in Coligny, Noordwes, vasgekeer was.

Hier het ook ‘n oor-en-weer skietery plaasgevind waarin speurder AO Wynand Herbst in kruisvuur geskiet was. Hy het onderweg na ‘n hospitaal aan sy bewerings beswyk.

Drie van die vermeende verdagtes was ook noodlottig gewond en twee is in hegtenis geneem.

Op die toneel was beslag gelê op drie AK47-aanvalsgewere, twee pistole en 86 rondtes lewendige ammunisie met twee voertuie.

Met verdere ondersoek is nog vermeende verdagtes in hegtenis geneem wat die totaal gearresteerdes tot nege gebring het.

Solomon Ngubeni (47), Jabulani Yika (41), Musa Mkhavela (33), Terefe Demmissie (39), Edgar Marule (47), Simphiwe Msibi (24), Jabulane Sibisi (53), Omphile Maswabi (33) en Thuso Tshepo Lobelo (31) het in die hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, moord met voorbedagte rade, besit van vuurwapens, besit van ammunisie, besit van plofstof en opsetlike saakbeskadiging.

Die saak teen die res van die beskuldigdes is uitgestel vir verhoor tot 27 Februarie 2023.

Maj.genl. Patrick Mbotho, die provinsiale hoof vir die direktoraat vir prioritetismisdade ondersoekeenheid, het die vonnis verwelkom en het almal betrokke by die ondersoek wat so hard gewerk het om die skuldiges aan te keer, geprys. Hy het die NVG bedank vir hul uitstekende werk.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel