Charissa, Steve Hofmeyr se verwegkind, wat in Suid-Korea woon en werk, is vandag 35 jaar oud.
“My lieflingkind, geluk met jou verjaarsdag. Jy bring my trots en genot. Ek mis jou net baie.”
Charissa is die oudste van Steve se kinders. Sy is reeds getroud en hy noem haar sy “verwegmeisiemens.” Sy is ‘n Engels-onderwyseres in Suid-Korea. Steve het die liedjie Ek Ken Jou Soms in 2015 vir haar geskryf.
Hy het op 21 Desember verlede jaar aangekondig dat hy ‘n afspraak met haar gehad het in Mosselbaai, waarna hy toe ook ‘n foto van hulle twee en sy seun Armand, wat jonger as Charissa is, geplaas het.
Laat goeie wense vir Charissa in die kommentaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



