Ronan Keating, sanger van Life is a Rollercoaster, When You Say Nothing at all en vele ander treffers. tree Vrydag 3 Maart 2023 in die Kirstenbosch- botaniese tuine in Kaapstad op en Sondag 5 Maart 2023 in die SunBet-arena, Time Square in Pretoria op.
Eens lid van Boyzone in die jare 90’s is Keating nou na 30 jaar steeds aktief as ‘n sanger.
Breakout Events het die aankondiging op hul Facebook-blad gemaak.
Die konsert is deur Citadel Investment Services in samewerking met Jacaranda 94.2 FM en Smile 90.4 FM
Kaartjies kan by www.webtickets.co.za bekom word.
Keating gaan ook deel wees van ‘n geldinsamelingsprojek in ‘n gholftoernooi saam met Gary Player.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



