‘n Man, wie se naam weerhou word, het gister in die Wellington-landdroshof verskyn op klagtes van ontvoering en verkragting.
Erix Ntabaxalila, woordvoerder vir die NVG in die Wes-Kaap, sê die staat voer aan dat die man na bewering ‘n 19-jaar oue voornemende model uitgelok het onder die voorwendsel van ‘n kompetisie.
Hy het haar glo met sy voertuig opgelaai om foto’s van haar te neem en na Bainskloof gery. Daar het hy na bewering vir haar alkohol gegee, foto’s van haar geneem en haar toe in sy voertuig verkrag.
Volgens Ntabaxalila was die polisie vir ongeveer ‘n jaar op soek na die vermeende verdagte. Hy is wel later in hegtenis geneem, waarna sy saak gister in die hof voorgekom het.
Die saak is tot 28 Februarie 2023 uitgestel sodat die beskuldigde ‘n kans het vir sy privaat prokureur om op rekord te kom en ‘n datum vir ‘n skedule 5-borgtogaansoek te bekom.
Ntabaxalila sê die staat gaan borg opponeer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



