Lees ook: Fase 3-beurtkrag beplan vir die naweek
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het voorspel sikloon Freddy, wat dalk Woensdag by Mosambiek gaan uitkom, nie KwaZulu-Natal direk sal affekteer nie.
Kevin Rae, ’n voorspeller by die SAWS, het gesê Freddy sal dalk ’n impak hê op dele van Limpopo en Mpumalanga, veral op Saterdag, 25 Februarie.
Rae het ook gesê dat dit moontlik is dat Eswatini en die noordelike dele van KwaZulu-Natal swaar reënval oor die naweek kan ervaar, maar dat dit nie ’n vaste moontlikheid is nie.
Mauritius het Maandag as voorsorgmaatreël vlugte gekanselleer en hulle aandelebeurs gesluit in aanloop van sikloon Freddy.
Bronne: IOL, SA People, The Citizen



