Lees ook: DBV neem aksie teen KZN-man na hond in kar sterf en vier ander ‘uitgehonger’ word
’n Leeuboer wat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging gedagvaar het vir R13 miljoen in ’n naamskendingsaak, het verloor.
In 2019 is twee leeuwelpies tydens ’n ondersoek by ’n leeuplaas op Lichtenburg in slegte gesondheid in kratte met tekens van dieremishandeling gevind. Verskeie karkasse is ook gevind.
Die NDBV het kriminele klagtes teen Jan Steinman, die eienaar van die plaas gelê. Toe dit bekend word dat Steinman aangekla word, het hy die NDBV gedagvaar vir naamskending en verlies van besigheid.
Die Mafikeng-hooggeregshof het bevind dat die NDBV niks verkeerd gedoen het nie en Steinman se saak is met kostes van die hand gewys.
Die saak van dieremishandeling teen Steinman is steeds aan die gang en as hy skuldig bevind word, kan hy tronk toe gaan of ’n boete betaal, of beide.
Bronne: IOL, African News Agency, VN Explorer
Lees ook: Voormalige ANC-wyksraadslid twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê vir moorde



