Chris Else, sanger, het so pas op sy sosiale media gedeel dat hy Clara vir die eerste keer kon vashou.
“Vandag was die eerste keer dat ek ons liefling kon vashou.”
“Dit is die beste gevoel in die wêreld.”
“Dit gaan sover goed met haar vandag, ons sien die dr. weer 18:00 vanaand.”
Hy het gisteraand ‘n liedjie wat hy spesiaal “Vanaand sommer op die selfoon opgeneem” het vir sy babadogter Clara, op sy sosiale media geplaas.
Die kleinding, wat verlede week gebore is, het teen infeksie baklei toe sy met longontsteking gediagnoseer is en haar longe moes sterker gemaak word.
Chris het ook ‘n plasing gemaak waarin hy gesê het haar infeksietelling is normaal en sy kan self asemhaal.
Die sanger noem ook dat hy die afgelope week maar baie min slaap gehad het. Hy sê verder dat Chanelle nog seer het, maar elke keer saam met hom by Clara besoek aflê.
Chanelle het ook die spesiale liedjie op haar sosiale media geplaas en gister verduidelik hoe dit met haar gaan. Sy het Pretoria-Oos-hospitaal bedank wat so mooi na hul baba kyk.
Hulle het beide ‘n spesiale boodskap gedeel toe hul Clara haar oë vir die eerste keer oopgemaak het.
Lees sy boodskap hier:
Update: Ons klein Liefling![]()
![]()
Clara het ‘n goeie dag gehad.
die Vader is so goed, haar infeksie telling het na normaal teruggekeer en hulle het haar drip met antibiotika vandag uitgehaal![]()
Hulle het ook suurstof minder gemaak en sy kon self asemhaal.!
maar sy sukkel nog en is weer op suurstof vanaand.
Ek het seker 5 ure slaap in hierdie week, ons bly op ons knieë en bid en sing vir haar elke keer as ons na haar toe gaan.![]()
Met my vroutjie gaan dit ook okay, sy het maar nog baie seer en kom elke keer saam as ons na Clara toe gaan.
Ons kan net sê dankie Here vir ‘n wonderwerk U is so goed… ons loof U!!!
Sy is die mooiste dingetjie en ons is so ongelooflik lief vir haar. Ek het nog nooit so lief gehad nie.
Dankie vir almal wat vir ons bid, die pad saam met ons stap en dankie vir julle liefde. Dankie dat julle steeds saam met ons bid.![]()
Ons wil net Getuig daar is krag in gebed!!!!!![]()
![]()
Baie dankie dat almal verstaan dat ons alle konserte moes kanselleer vir die volgende 2 weke. Ek kan nou nêrens anders wees as heeltyd by haar nie.![]()
God seën jou!
Liefde ons 3![]()
Lees Chanelle se boodskap hier:
Hello Vriende ![]()
![]()
![]()
Julle wonder seker al hoe dit met Mamma gaan?
Hier is ‘n update van my af.![]()
![]()
Ongelooflik baie dankie vir elkeen se mooi boodskappie ek voel al so sleg dat ek nie by almal se boodskappies kan uit kom nie. Weet net ek sien elkeen raak en waardeer julle ongelooflik baie.![]()
Ek is so bietjie uitgebrand vandag, het nie krag in my lyf nie, my bene is bietjie geswel en my magie is seer na die snytjie maar ek probeer sterk wees vir Ons ClaraQie![]()
.
Clara is nog in ICU en doen so goed elke dag. Sy is net die Mooiste Baba Dogtertjie wat ek nog gesien het en sy het so diep in ons harte in geklim ons is so ongelooflik baie liefies vir haar. ![]()
![]()
![]()
Sy word deur die Genade van Bo elke dag beter en sterker, sy was vandag vir die eerste keer so uur van suurstof af en ek mag haar 1 keer n dag bietjie borsvoed, vandag was my 2de daggie so dit help haar baie om gesond te word. ![]()
![]()
![]()
![]()
Ons waardeer almal se gebede want daar is regtig krag in gebed.
Ons sing ook elke aand vir haar
Die Here seën jou en bewaar jou skyn sy aangesig oor jou…![]()
![]()
En dit help haar ongelooflik baie want sy hou van musiek veral toe ClaraQie in my magie was het haar Pappa op die verhoog by Funksies gesing dan skop sy my so ons weet sy hou baie van musiek dit maak haar rustig.![]()
![]()
![]()
![]()
Ek lê vanaand by die huis en rus bietjie terwyl Pappa vir Ons ClaraQie gaan kuier het en haar ogies was weer oop vanaand.
Sy is sover nog van suurstof af en doen ongelooflik goed en haar suurstof wys 100% sterk maar hulle hou haar nog mooi dop.![]()
![]()
![]()
![]()
Dankie aan almal by Pretoria Oos Hospitaal wat so mooi na Ons ClaraQie kyk julle is net die beste. Baie dankie.
Mag julle almal ‘n Geseënde week hê.
de CCc Else
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



