Rudi Claase, bekende Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van formaat, het ‘n reguit en op die man af waarskuwing aan Radio Houtstok op sy sosiale media geplaas.
Claase is bekend daarvoor dat hy vir vele SA-sangers trefferliedjies geskryf het.
In sy plasing verbied hy Radio Houtstok om enige liedjies wat hy vir SA-sangers geskryf en gekomponeer het, uit te saai.
Claase se vrou Suzette het vroeër vandag die plasing opgevolg en verduidelik waarom die aanvanklike plasing gemaak is.
Lees Rudi Claase se plasing hier:
Hierdie is ‘n openbare aankondiging Radio Houtstok 100.6 FMSamro CSIRISAUniversal Music Africa
Nie dat jul my nodig het nie, maar perogatief, en ek erken al die ander pragtige musiek wat jul speel en ondersteun.
Ek, Rudi Claase, verbied hiermee “Radio Houtstok (100.6FM)”, op enige platform(s) om enige werk(e) wat ek geskryf en gekomponeer het vir enige kunstenaar(s) te speel of te deel, insluitend enige persoonlike uitvoerings van sodanige werke.
Aangesien my werk deur “Universal Music Publishing” (Internasionaal-Afrika en Europa) gepubliseer word, is hierdie aankondiging wetlik bindend en in verband met en in ooreenstemming met my ooreenkoms met my uitgewer.
Enige handeling of onwettige optrede wat hierdie opdrag verontagsaam, sal ernstig opgeneem word en maatreëls sal in ooreenstemming volg.
Ek kondig ook aan dat ek ‘n volledige en deeglike ondersoek gaan loods met betrekking tot lisensies, maatskappyregistrasie en regulasies met betrekking tot hierdie spesifieke radiostasie.
Vriendelike groete,
Rudi Claase
“Rudi Claase Creative Enterprises”
“Diamante”
Lees Suzette Claase se plasing hier:
Ek rig vandag meer aandag op hierdie storie wat almal se vere so geskud het.
Lees asb die VOLLE plasing en gaan kliek asb op all die” links” wat ek gaan verskaf om ons standpunt te help staaf.
Rudi het verlede week aangekondig dat die Afrikaanse musiekbedryf ‘n enorme nuwe musikale produksie kan verwag. Onthou asb. in SA is hierdie ‘n geleentheid om ons taal te bevorder en ook werk te skep vir fenomenale Suid Afrikaanse kunstenaars wie nie altyd die geleentheid gegun word om op ‘n groot verhoog te staan nie (miskien is hulle net in ‘n ander genre, of die “kliek” laat dit nie toe nie).
Die persoon wat hierdoe onderneming moontlik gaan maak, is die kontroversiële Louis Liebenberg. Vir Rudi gaan dit oor ons taal, musiek en kuns……ons stel nie belang in politiek nie, en dit is hoekom ons ‘n regstelsel en howe het, om die besluite te maak met kennis en feite van albei kante.
Louis Baartman, die stasiebestuurder (en eienaar?) van Radio Houtstok 100.6 FM het ‘n publieke aankondiging gemaak dat hy glad nie Rudi of enige kunstenaar sal ondersteun wat in sy vertoning gaan werk nie. (Onthou mense, hierdie is werk!). Met die gevolg, het Rudi besluit om al sy werke van Radio Houtstok 100.6 FM te onttrek. Toe ek self op Baartman se stelling geantwoord het, het hy vir my geantwoord dat ek nie ‘n brein het nie.
Ons het die SAMRO-state nagegaan en gevind dat Radio Houtstok in elk geval nie sy tantième oorbetaal nie, nie vir werke wat hy gesing OF geskryf het nie.
Baartman se redenering is hy staan teen “Diamante” omdat dit deur Liebenberg ondersteun en aangebied word. Rudi het op die blad gerepliseer en hy was vinnig verwyder. NOU, die dilemma wat ons het is, maak jou huis eers skoon voor jy kla oor irmand anders se huis.
Ek en Rudi voel net dat Baartman (met bewering) in ‘n Ponzi-skema betrokke was (nie net met een nie maar met ‘n paar volgens Google) maar nou klap almal hom op die rug omdat hy Rudi onder die bus probeer gooi.
Mense, asb……voor julle mense publiek aanval, maak eers 100% seker oor die feite.
Baartman was in 2011 en weer in 2019 in PRESIES dieselfde posisie waar hy beskulding word vir ‘n Ponzi-skema (sien die YouTube clip van Carte Blanche aangeheg).
Ek heg ook nog artikels wat ek bloot net op Google gevind het:
https://www.timeslive.co.za/…/2011-04-24-radio-boss…/
http://stephenleppan.blogspot.com/…/carteblanche-prop…
https://cambodiaexpatsonline.com/…/expat-thailand-warns…
https://www.news24.com/…/presenters-abandon-radio…
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.


