Album met Nightbirde se liedjies jaar na haar dood bekendgestel

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Nightbide: ‘We’re all a little lost and it’s alright’

Op 19 Februarie, ‘n jaar na die sangeres wat in soveel mense se harte geklim het, se dood, is haar album vrygestel.

Nightbirde se album bestaan uit 20 liedjies, waarvan een die oorspronklike liedjie It’s Okay, is, wat tydens haar oudisie by America’s Got Talent ‘n Golden Buzzer gekry het.

Tydens haar oudisie het sy vertel sy het haar liedjie geskryf oor die laaste jaar in haar lewe waartydens sy baie struikelblokke moes oorkom.

Jane Marczewski (beter bekend as Nightbirde) moes haar van die kompetisie onttrek weens gesondheidsprobleme voordat sy op 19 Februarie verlede jaar oorlede is.

Die liedjies op die nuwe album is almal liedjies wat Nightbirde self geskryf het tydens haar stryd met kanker. Dit is ook ‘n “refleksie van haar eie krag en die stryd wat sy geveg het, in haar eie woorde,” lui ‘n persverklaring.

Klik hier vir meer.