America’s Got Talent-beoordelaars bring nou hulde aan die geliefde sangeres Jane ‘Nightbirde’ Marczewski wat op die ouderdom van 31 haar lang stryd teen kanker verloor het.
Die sangeres, wie se oorspronklike liedjie It’s Okay ‘n Golden Buzzer gekry het tydens haar oudisie vir AGT, moes haar van die kompetisie onttrek weens gesondheidsprobleme.
Tydens haar oudisie het sy vertel haar liedjie, It’s Okay, het sy geskryf oor die laaste jaar in haar lewe waartydens sy baie struikelblokke moes oorkom.
Die liedjie is wyd gedeel en mense van regoor die wêreld het gepraat oor haar braafheid, hoe hard sy baklei en watter inspirasie sy vir soveel ander kankerlyers en ander mense is.
Nightbirde het ten tye van haar oudisie gesê die kanker is in haar longe, ruggraat en lewer versprei.
Huldeblyke stroom in ná haar dood Maandag bekendgemaak is en verskeie bekendes het op sosiale media gesê hoe jammer hulle is om te hoor van haar afsterwe.
“So hartseer soos wat ek is oor haar afsterwe, net so gelukkig was ek om haar te ontmoet, haar te hoor en haar te ken.”
In die laaste plasing wat Nightbirde op Instagram gedeel het, deel sy ‘n foto van haarself.
Sy skryf daarby:
“Honestly, things have been pretty brutal. But this is a photo of myself from last week where I felt pretty, and alive, and awake, and human, and real. I needed that. We’re all a little lost and it’s alright.”



