Klawer-moordenaar glo in hospitaal na hongerstaking

Deel hierdie storie / Share this story

Die man wat na bewering ‘n 13-jarige seun se dood veroorsaak het en beken het dat hy vier ander mense vermoor het, is glo in die hospitaal opgeneem nadat hy op ‘n hongerstaking gegaan het.

Luidens ’n berig deur Huisgenoot is die man Sondag na ’n hospitaal geneem nadat hy na bewering op ’n hongerstaking gegaan het. Daar word beweer die man het die 13-jarige Jerobejin van Wyk vermoor.

Daar word vermoed dat Van Wyk en ‘n vriend mango’s uit die man se tuin gesteel het, waarna die man die seuns met sy bakkie agternagesit en Van Wyk omgery het. Hy het Van Wyk toe op sy bakkie gelaai. Die ander seun het daarin geslaag om weg te kom.

Die man het na bewering die seun se liggaam in stukke gekap voordat hy die liggaamsdele verbrand en die reste in ‘n drein by sy huis gegooi het.

DNS-ontleding het sedertdien bevestig dat die menslike oorskot wat op die moordbeskuldigde se eiendom gevind is, aan Jerobejin behoort.

Bronne: MSN, News Dome

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Klawer man confesses he has killed four people