Polisie konfiskeer 186 kg se koperkabels

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Soektog na ontvoerde baba duur voort

Die polisie in die Waterkloof-area naby Ladismith het Sondag drie verdagtes tussen die ouderdomme van 25 en 49 in hegtenis geneem.

Lede van die Ladismith-polisie het inligting ontvang oor ‘n voertuig wat glo gesteelde goedere vervoer het. Lede het die inligting opgevolg en die voertuig is voorgekeer en deursoek.

Nege streepsakke vol koperkabels wat altesaam 186 kg geweeg het, is glo agter in die voertuig gevind. Die koperkabels, ter waarde van R26 500, is gekonfiskeer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel