Vrou voorspel glo ontvoerde Maddie McCann sal na vore kom

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Vrou wat glo sy is ontvoerde Maddie McCann se DNA binnekort getoets

Dr. Fia Johansson, ‘n spreker en afrigter, het glo voorspel dat die ontvoerde Madeleine McCann in die jaar 2022, 2023 of 2024 self na vore sal kom.

Dr. Johansson het nou self gepraat oor die vrou van Pole wat glo dat sy die ontvoerde Maddie is.

Julia Wendell, van Pole, het verlede week ‘n Instagram-profiel oopgemaak met die naam @iammadeleinemcann. Sy vertel sy het ‘n paar maande gelede begin glo dat sy Maddie kan wees nadat sy “iets” by haar ouma gehoor het.

Wendell het ook vroeër gesê DNA-toetse sal binnekort gedoen word om vas te stel of sy Maddie is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel