Rose Mabasa (77) van Mashau Bode-woonbuurt buite Louis Trichardt in Limpopo is op 21 Januarie 2023 om ongeveer 01:00 dood en haar dogter (32) ernstig beseer toe hulle glo met ‘n panga aangeval is.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê ‘n vermeende verdagte is Maandagoggend vroeg in hegtenis geneem toe hy homself aan die polisie in Levubu oorgegee het.
Hy staan tereg op klagtes van moord, poging tot moord, ontvoering, diefstal van ‘n motorvoertuig en huisroof.
Na bewering is die ouer vrou en haar dogter en haar drie kinders glo deur die dogter se gewese kêrel aangeval nadat hy hul woning met geweld binnegegaan het.
Beide ma en dogter is glo met ‘n panga gekap, waarna die vermeende verdagte glo sy kind (5) in ‘n motorvoertuig van sy gewese meisie gedwing en met hom weggery het.
Die verlate voertuig is later in Makhado gevind, en die kind by sy pa se woning in Mashamba -woonbuurt.
Rose en haar dogter is met ernstige beserings na ‘n hospitaal geneem.
Rose het later aan haar beserings beswyk.
” We appreciate the cooperation of the community members who allowed us space to thoroughly investigate the matter until the suspect was arrested, “said Lieutenant General Hadebe
Die vermeende verdagte sal na verwagting Dinsdag 21 Februarie in die Vuwani-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



